Kry beheer oor jou versekering met Ctrl se toep 

Die voorreg om ‘n motor in Suid-Afrika te “besit” is slegs ‘n derde van die land se inwoners beskore. Daarmee saam is die waardering van die voertuig se waarde proporsioneel in baie gevalle buite verhouding, sou jy die voertuig se versekering vergelyk met lewensversekering. Baie voertuigeienaars gee glad nie om om die versekeringspremie op ‘n voertuig te betaal en hulle eie lewens onversekerd te laat, of gruwelik af te skeep nie. 

So, kom ons praat dan oor voertuigversekering. Kan dit wees dat ons ons voertuie ook blindelings verseker in die onbesonne oomblik van aankoop met die begeerlike reuk van die voertuig se binne afwerking? Die ongemaklike oomblik kom dan wanneer die versekeringspremie ongemaklik by die paaiement gevoeg word en jy baie vinnig jou eie begroting moet herrangskik vir hierdie wonderlike Suid-Afrikaanse luukse. 

Wel, nou is daar tyd vir regstelling om die kinders se hardverdiende maandfooitjies weer terug te bring.  Dís waar Ctrl, ons land se eerste digitale versekeringsadviseur, in die prentjie kom. Dit begin in die vorm van ‘n toepassing wat jy aflaai, maklik installeer en sonder om met misverstande oor die foon ‘n paar noodsaaklike vrae te moet beantwoord. Laai die besonderhede van jou voertuig en huisinhoud en wat ook al jy wil verseker op dié verbruikersvriendelike platform.

Hier is waar jy nou ‘n voorsmakie gaan kry van sinvolle tegnologie. Sodra jy die kwotasie-aanvraag stuur op dit wat jy wil verseker, en glo my, niemand het nog jou lugtyd benut om ‘n vraag te vra nie, sal jy binne minute tot soveel as sewe kwotasies van verskillende versekeraars ontvang. Alhoewel Ctrl, as adviseur jou help om die regte dekking in ooreenstemming met jou behoefte te kies kan jy ook self weeg en meet op grond van jou eie kriteria. Kies die een wat vir jou werk. Geen sentimente dat jy iemand borg vir die volgende reis na die maan. Neem in ag, jy sal jou eise in die toekoms alles van die Ctrl- toepassing  kan hanteer. Ctrl sal beslis ook – soos op myne – ‘n ereplek op jou foon se skerm inneem.

Indien jou omstandighede verander, of jy nog ’n bate wil byvoeg, versoek jy eenvouding net weer ‘n kwotasie – al die inligting is mos reeds aanboord en jy kan sommer binne minute weer appels met appels vergelyk. 

Ek moet die volgende vermeld.  Ek het reeds verkeie mense via hulle “verwys ‘n vriend-funksie” voorgestel aan Ctrl. Onteenseglik het almal – nes ek – baie beter af daaruit gekom. Kom ek noem verifieerbare syfers wat besparings aanbetref … my ma se motor, R 200 besparing; my vrou se Xtrail, R 250 en die groot een, my vriend op vier voertuie, R 2 700. O, ja. Dis per maand.

Gebruik gerus die skakel hieronder om koning te kraai op kort-termynverskering.

Besoek Ctrl by https://bit.ly/33aYQKd en skandeer dié QR kode met jou selfoon om die Ctrl toep daarop te laai.

Johan Olivier is Besturende Direkteur van MyLife 

Leave a comment